Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens bied betalingsreëlings aan belastingbetalers met skuld. Dit is in ’n laaste poging om die groeiende fiskale slaggat te vul. Suid-Afrika se ekonomie sal na verwagting net met sowat nul-komma-drie persent groei in 2023. Die inkomstediens se teiken vir inkomste-invordering is egter tussen vier en ses persent. Tot dusver het die diens inkomste-invorderingsgroei van slegs twee persent behaal weens dalende korporatiewe inkomstebelasting en verhoogde BTW-terugbetalings.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×