Meer as R10 miljoen van belastingbetalers se swaarverdiende geld moet in die huidige geldjaar in die bankrekeninge van net vyf lede van die Mafube-munisipaliteit
betaal word.

Hierdie bankrot-munisipaliteit se munisipale bestuurder kry ‘n allemintige R3,45 miljoen van dié astronomiese bedrag.

Mafube bestaan uit Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling in die Noordoos-Vrystaat.

Volksblad berig voorts Jannie Schabort, voorsitter van die Mafube Besigheidsforum, het gesê dit is verbysterend dat die munisipaliteit soveel geld vir sy top-vyf amptenare begroot.

Die munisipale bestuurder, Josie Ralebenya, ontken dat die vyf hierdie bedrag verdien.

Volgens Schabort was Ralebenya geskok oor die onthulling wat in die openbaar op ‘n vergadering van die Mafube-sakekamer gemaak is.

Die burgemeester, Tlhoare Motsoeneng, het egter gou opgestaan om te sê dat die salarisse ondersoek sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×