Mediese fondse het weereens gewaarsku dat die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) buitensporige belastingverhogings sal benodig om te finansier.
Discovery se uitvoerende hoof, Adrian Gore, sê die implementering van die NGV-wet, in sy huidige vorm, sal die land se ekonomie benadeel.
Volgens Gore sal die regering persoonlike inkomstebelasting met 31 persent moet verhoog of belasting op toegevoegde waarde met ses-komma-vyf persent om die sowat 200 miljard rand wat jaarliks benodig word, te finansier.
Hy het beklemtoon dat die NGV-wet gebrekkig is en dekades sal neem om die universele gesondheidsorgstelsel te implementeer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×