Die Belgiese regering het sy hoogste vlak terreurwaarskuwing uitgereik, nadat twee Sweedse burgers gistraand in sy hoofstad, Brussel, doodgeskiet is.
In ‘n video op sosiale media, stel die vermeende verdagte homself as Abdesalem Al Guilani bekend, en sê dat hy in die naam van Allah veg.
Volgens Reuters is daar geen bewyse dat gistraand se terreuraanval, waarin ‘n derde persoon ook gewond is, verband hou met die konflik tussen Israel en Palestynse militante nie.
Die Belgiese premier Alexander de Croo, het op die sosialemediaplatform X gesê, België en Swede staan as bondgenote saam in die stryd teen terrorisme.
Inwoners van Brussel is aangesê om tot veredere kennisgewing in hulle huise te bly.