‘n 45-jarige man van Tunisië, wat daarvan verdink word dat hy gister twee Sweedse burgers in Brussel doodgeskiet het, is vroeër vandag deur die Belgiese polisie geskiet.
Reuters berig aldus die internasionale media, het die verdagte later in die hospitaal aan sy wonde beswyk.
België se minister van binnelandse sake, Annelies Verlinden, het gesê die vuurwapen waarmee gister se aanvalle gepleeg is, was op die toneel waar die verdagte vanoggend aangekeer is.
Rosestad-nuus het vroeër vanoggend berig die Belgiese regering het sy hoogste vlak terreurwaarskuwing uitgereik, nadat twee Sweedse burgers gistraand in die hoofstad, Brussel, doodgeskiet is.
Die vermeende verdagte het in ‘n video op sosiale media aangevoer hy veg in die naam van Allah.
Daar is geen bewyse dat gistraand se terreuraanval, waarin ‘n derde persoon ook gewond is, verband hou met die huidige konflik tussen Israel en Palestynse militante nie.