Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê Israel behou die reg voor om homself te beskerm. Amerika, die Europese Unie en die G7-lande het ook planne aangekondig om strenger sanksies teen Iran toe te pas.

Reuters berig Netanyahu het gister aan die Buitelandse ministers van Brittanje en Duitsland, David Cameron en Annalena Bearbock, gesê Israel sal sy eie besluite oor sy veiligheid neem. Cameron het tydens sy besoek aan Israel gesê dit is duidelik die land het ‘n besluit geneem om op te tree. Hy hoop egter dat nuwe gekoördineerde sanksies teen Iran wat tans in Italie deur die G7-lande bespreek word, sal help om Israel te oorreed om die omvang van sy vergelding te beperk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×