Die Mangaung-metro beplan drastiese tariefverhogings vir inwoners vanaf 1 Julie. Netwerk 24 berig die uitvoerende burgemeester van die metro, Gregory Nthatisi, het toe hy die konsepbegroting vir 2024/2025 tydens die jongste raadsvergadering ter tafel gelê het, bygevoeg dat Bloemfonteiners gewoond sal moet raak aan arm mense in informele nedersettings wat voortaan in die stad sal kom woon. Die metro beplan om mense wat nie meer vervoerkoste werk toe kan betaal nie, nader aan die stad blyplek te gee.

Die beoogde tariefverhoging vir elektrisiteit is 13,77 %. Erfbelasting, vullisverwydering en sanitasiedienste styg met 6.3% en die beoogde verhoging vir water is 9%. Die DA raadslede, Tjaart van der Walt en Dirk Kotze, het inwoners aangemoedig om beswaar aan te teken teen die verhogings. Skriftelike besware kan tot 22 April ingedien word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×