Die Departement van Hoër Onderwys sê beperkte kapasiteit by universiteite regoor die land is nie ʼn krisis nie.
Volgens die adjunkminister, Buti Manamela, is dit ‘n bewys dat die regering geleenthede beskikbaar stel.
Hy sê studente doen aansoek by sekere universiteite omdat dit gewild is, maar daar is baie ander instellings waar jongmense ook kan gaan studeer.
Hoewel baie matrikulante met toegang tot graadstudies geslaag het, voldoen hulle nie noodwendig aan universiteite se minimum vereistes vir sekere studierigtings nie.
Die departement is hoopvol dat meeste van verlede jaar se graad 12-leerders ʼn geleentheid sal kry om aan ʼn naskoolse instelling te studeer.