BERGFIETSRY – Suid-Afrika se Alan Hatherly het die bergfietsspeke behoorlik laat sing op die Wêreldbyeenkoms in Brasilië nadat hy twee 3de plekke in Araxa, Brasilië behaal het.
Die Kapenaar wat vir Cannondale in die saal is het Saterdag in die Olimpiese kortbaan-nommer in 19:30 klaargemaak terwyl spanmaat Simon Andreassen 1ste was in die veldwedrenne gevolg deur Victor Koretzky en Hatherly agter hom om in die 3de plek.
Hatherly se landegenoot Candice Lill kon slegs ‘n 16de plek behaal.
*Die volgende byeenkoms is die Olimpiese veldwedrenne aan die einde van Mei en word tussen Novè Mesto en Morave in Tsjeggië beslis.