Suid-Afrika het ‘n nuwe wêreldkampioen.
Alan Hatherly is Sondagaand gekroon as die kampioen van die bergfietsry Wêreldbekerbyeenkoms in Mont-Sainte-Ann, Kanada.
Hatherly se tyd van 1:26:56 het gesien dat hy die jaar afsluit as die voorste bergfietsryer van 2024 met 1678 punte.
Die Suid-Afrikaner Candice Lill het intussen die jaar afgesluit as die derde beste vroue fietsryer.