Die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur het met ʼn regsproses begin om ʼn uitsettingsbevel te kry teen besetters rondom die Kasteel de Goeie Hoop in Kaapstad. ʼn Groep haweloses het hul strukture rondom die gebou opgerig. Die Kasteel de Goeie Hoop is een van die oudste geboue in Kaapstad en is ʼn graad 1-nasionale erfenisterrein. Die Stad Kaapstad ondersteun die proses.
