Besighede wat gretig is om winsgewende kontrakte as verskaffers van goedere en dienste vir die regering te verkry, word versoek om op te pas vir misdadigers en tender-swendelary. Volgens FNB gebruik misdadigers dikwels tenders as ‘n geleentheid om besighede te bedrieg. FNB se hoof van bedrog, Roshan Jelal, sê tender-swendelary bly een van die mees algemene Modus Operandi wat niksvermoedende besighede of individue teiken. Hy sê slagoffers word dikwels mislei om te glo dat ‘n tender van die regering aan hulle toegeken is.