Nie-regeringsorganisasies vra vir proaktiewe stappe om teikenmoord op wetstoepassers en fluitjieblasers in die land te voorkom. Die name van mense wat vermoor is nadat hulle die fluitjie oor korrupsie geblaas het, is gedurende ‘n vreedsame bewusmakingsoptog uitgelees.
Die Ahmed Kathrada-stigting, Defend our Democracy, Whistleblower House, asook die Organisaie teen Belastingmisbruik was buite die kantore van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens in Johannesburg byeen om aandag op hierdie tendens te vestig.