Die weduwee van een van die sakemanne wat glo groot gebaat het uit die omstrede multimiljoenrand asbestender skandaal in die Vrystaat – het ‘n siekbrief by die Vrystaatse hooggeregshof ingedien van ‘n kliniek wat spesialiseer in energieversterkers en gewigsverlies.
EWN berig die beskuldigde, Michelle Mpambani, het nie vandeesweek in die hof verskyn nie, met haar prokureurs wat gesê het sy is in die hospitaal opgeneem.
Sy is die vrou van Ignatius Mpamani, wat tydens ‘n huurmoord dood is nadat hy glo ‘n tender by die sakeman Edwin Sodi gekry het.
Michelle Mpambani is die verteenwoordiger van 605 Consulting Solutions, ‘n maatskappy wat deur haar man besit was. Hy is in 2017 in Sandton doodgeskiet.
Haar maatskappy staan tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie vir die asbestender, met die staat wat beweer dat miljoene destyds in haar man se rekeninge oorgeplaas is.
Maar Mpambani was nie in die hof nie en ‘n lasbrief vir haar inhegtenisneming is Dinsdag uitgereik.
Haar prokureur het Woensdag ‘n siekbrief voorgelê wat nie haar toestand spesifiseer nie.