In ‘n poging om verlof tot appèl teen die hooggeregshof in Bloemfontein se uitspraak, het die veroordeelde reeksverkragter en moordenaar Thabo Bester hom tot die konstitusionele hof gewend.

Volgens SABC News hoop hy om onder andere die beweerde swak toestande van sy aanhouding te betwis.

Die hooggeregshof het in ‘n uitspraak van Februarie 2025 bevind dat die beswaar teen die jurisdiksie van die siviele hof sonder meriete was en gevolglik het die bod nie geslaag nie.

Bester het Maandag, by monde van sy prokureur, dokumente by die konstitusionele hof ingedien vir verlof om teen die uitspraak waarin hy beweer ‘n travestie van geregtigheid sou wees as dit onbetwis gelaat word, te appelleer.

Bester en sy medebeskuldigdes staan op verskeie aanklagte ​​tereg wat verband hou met sy ontsnapping uit die tronk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×