Dokter Nandipha Magudumana, vriendin van die veroordeelde moordenaar, Thabo Bester, sê sy is in twee afsonderlike voorvalle in die Kroonstadse gevangenis vir vroue
aangerand.

Volgens Netwerk24 stel die departement van korrektiewe dienste ondersoek in, nadat twee ander gevangenes haar na bewering eergister in die tronk aangerand het. Dokter Nandi se prokureur sê sy het glo kneusplekke in die voorval opgedoen. Korrektiewe dienste sê hy ondersoek nog ‘n klag van aanranding wat deur Magudumana ingedien is. Sy beweer dat sy ten tyde van dié voorval teen tralies vasgedruk is.

Magudumana, Bester en hul sewe medebeskuldigdes staan tereg weens die Bester se 2022-ontsnnapping uit die Mangaung-gevangenis. Nandi en Bester tel onder vier van die nege beskuldigdes wat agter tralies vir die voorverhoor van vir 5 Junie op die hofrol van die hooggeregshof in Bloemfontein is.

error: Inhoud is beskerm !!