Die vermeende moordenaars van gewese rugbyspeler en oudlanddros, Piet Bester, se regsverteenwoordigers het onttrek.
Netwerk24 berig Regshulp SA se verteenwoordigers het onttrek nadat hulle verneem het hulle het Bester persoonlik geken.
Die beskuldigdes, Letiscia Adams en Jan Bangile Deal, staan tereg op aanklagte van Bester se moord en roof met verswarende omstandighede en dwarsboming van die gereg.
Hulle het albei op Bester se hoewe by Glen buite Bloemfontein gewerk.
Weens die regsverteenwoordigers se onttrekking is die beskuldigdes se borgtogaansoek van gister na 12 Februarie uitgestel.