Die departement van vervoer sal binnekort met die druk van slim bestuurslisensiekaarte begin. Die tender is onlangs aan Idemia Identity and Security South Africa toegestaan. Vervoer-woordvoerder Collen Msibi, sê die tegnologies gevorderde sekuriteitskomponente is ontwerp om vervalsing te voorkom.

Maatskappye wat getender het, is volgens Msibi aand deeglike evaluering onderwerp. Oudits is ook gedoen om die nakoming van wetgewing en beleidsriglyne te bevestig. ‘n Tydraamwerk sal verstrek word sodra die diensooreenkoms onterteken is. Daar is voorheen berig ‘n toetslopie met die nuwe slimkaarte sou in November verlede jaar reeds van stapel gestuur word. Talle vertragings, gedurende vervoerminister Fikile Mbalula se ampstermyn het hierdie doelwit egter in die wiele gery.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×