AfriForum is vandag en môre in die Hooggeregshof in Pretoria oor die “raklewe” van bestuurslisensiekaarte.
Die burgerregteorganisasie voer aan die regulasie wat bepaal dat ‘n bestuurlisensie elke vyf jaar hernu moet word, vaag en onbillik is.
Voorts vra hy die hof ook om uitspraak te lewer wat sal bepaal dat mense wat nie ‘n nuwe lisensiekaart het nie, nie daarvoor beboet mag word nie.
Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, het gesê daar bestaan regs-en praktiese gronde waarvolgens dié aansoek toegestaan kan word.
Een hiervan is dat die Nasionale Padverkeerswet nie behoorlike onderskeid tussen ‘n bestuurslisensie en ‘n bestuurslisensiekaart tref nie.