Die ANC skop vandag sy amptelike 112de bestaansjaar-vieringe in Mbombela af. Die vieringe sluit ‘n gholfdag in waartydens enigiemand wat bereid is om R500 000 te betaal, saam met president Cyril Ramaphosa in ‘n vierbal kan speel. Die vierbal saam met die president was R350 000 verlede jaar in Bloemfontein tydens die ANC se 111de vieringe. Netwerk 24 berig die pakket behels ook die gebruik van ‘n gholfkarretjie, ‘n hemp en pet asook drie kaartjies na die ANC se jaarlikse galadinee die volgende dag. Daar is ook verskeie pakette om saam met ander ANC hooggeplaastes te speel. ‘n Vierbal met ‘n NUK-lid is R150 000 en R100 000 om saam met lede van provinsiale utvoerende komitees op die baan te stap. ‘n Gewone vierbal kos R20 000. Die dag vind by die Mbombela gholfbaan plaas. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×