VISA- en MasterCard-magneetbankkaarte, word nie meer by enige tolhekke op die N3-tolroete aanvaar nie. Dit sluit die hoofroete en opritte in.

Nuusflits berig die N3 Tolkonsessie sê hierdie verandering is vir veiligheid en gemak aangebring. Daar kan nou van TapAndGo-betalings gebruik gemaak word, en SANRAL-tags, kontant en vlootkaarte word steeds aanvaar.

Enige kontaklose debiet- of kredietkaart, hetsy VISA of Mastercard met ‘n mikroskyfie, asook slimtoestelle soos selfone en horlosies met Apple-,  Samsung en Google Pay kan ook gebruik word. Dit verseker dat jy altyd in beheer van jou kaart is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×