Werkende Suid-Afrikaners kan vanjaar uiteindelik ‘n mate van verligting vind. Business Tech berig dit kom omdat salarisverhogings in die land na verwagting inflasie sal oortref ná twee jaar van tekortskiet.
Salarisverhogings sal na verwagting vanjaar gemiddeld ses-komma-nege persent wees, terwyl inflasie waarskynlik gemiddeld vyf persent sal wees. Dit gee ‘n een-komma-nege persent reële verhoging. Volgens Nedbank se jongste stand van die ekonomie-verslag vir April sukkel huishoudings die laaste paar jaar om kop bo water te hou.
1 Comment
Comments are closed.