Koning Willem Alexander en koningin Maxima van Nederland moes Vrydag na hul besoek aan die Iziko-museum in Kaapstad behoorlik worstel om by hulle voertuig uit te kom nadat betogers op hulle toegesak het. “Julle steel ons kultuur”, “respekteer ons” en “ons wil vergoeding hê” is vir die koninklike egpaar geskree. Die woede van die skare hou glo verband met Nederland  se destydse betrokkenheid by slawerny in lande soos Suid-Afrika. Die egpaar is tans op hul eerste besoek aan Suid-Afrika, berig Maroela Media. Sekuriteitswagte het gehelp om koningin Maxima deur die betogers te kry. Luidens die Nederland Times was die meerderheid betogers buite die museum van Khoi-San afkoms. Die groep was ontvanklik vir die besoekers vanoggend maar die atmosfeer het verander namate die groep groter geword het. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×