Inwoners van die Makeleketla-woonbuurt by Winburg in die Vrystaat het Woensdagnag chaos veroorsaak weens hul ontevredenheid oor ‘n stuk grond wat hulle glo wil beset. Netwerk24 berig voorts ‘n vragmotor is buite die dorp op die N1 met klippe bestook en nog ‘n vragmotor is aan die brand gesteek. Winkels van buitelanders is ook geplunder. Motoriste kan die gebied vermy deur met die R30 via Welkom te ry. Dié pad kan bereik word deur die Brandfort-afrit buite Bloemfontein te neem. Hoewel die situasie nou onder beheer is, word motoriste tog aangeraai om net buite die dorp die afrit vanaf die N1 na Winburg te neem en dan terug na die N1 te ry.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×