Lede van die land se twee grootste vakbondfederasies, COSATU en SAFTU, is van vroegdag af gereed om hul verskille opsy te sit en die strate in te vaar oor die stygende lewenskoste in die land. Optogte is in verskeie stede regoor die land se nege provinsies gereël. SAFTU se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, sê hulle sal vandag se betoog gebruik om werkgewers aanspreeklik te hou. Vavi sê dat hulle geskeduleerde betogings op beide die regering en private besighede gerig is. Intussen het Rosestad Nuus via NCA Bloemfontein verneem dat optogte vanuit Batho vanoggend omstreeks 11:00 afgeskop het. Die betogers, van sowat 2000, gaan na verwagting na die hoofkwartiere van die Vrystaatse regering opruk as deel van dié nasionale staking. Sover is daar nog min ontwrigtings weens die staking in Bloemfontein aangemeld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×