Met betogings wat verwag word, sal bykomende sekuriteitsmaatreëls môre toegepas word, by die openingswedstryd van die Internasionale Krieketraad se Onder-19
Wêreldbekertoernooi in Potchefstroom.

Luidens News24 is alle oë op die openingswedstryd, met David Teeger wat na verwagting in die wedstryd sal speel, ondanks die feit dat Krieket SA Teeger van die kapteinskap gestroop het.

Suid-Afrika se onder-19-span kom in die openingswedstryd teen die Wes-Indiese Eilande te staan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×