Die Vrystaat het meer as R51 miljoen se skade die afgelope drie jaar gely weens 215 protesaksies oor dienslewering. Agt mense is beseer tussen 1 April 2020 tot 30 November 2023 en amper 200 betogers is in hegtenis geneem. So het die DA-leier in die Vrystaat, Roy Jankielsohn aan Netwerk 24 gesê nadat die Vrystaatse LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, Maqueen Letsoha-Mathae, die party se vrae in die provinsiale wetgewer beantwoord het. Altesame 69 van hierdie protesaksies kan toegeskryf word aan probleme met die lewering van water. Jankielsohn het gesê die ANC politici wat die oorsaak van die swak dienste is, vlug van die gebiede waar die protesaksies plaasvind en dreineer die hulpbronne van die polisie. Jankielsohn het gesê terwyl die ANC-regering gesien en gehoor word in ander konflikgebiede van die wêreld, word die Vrystaat ‘n oorlogzone as gevolg van waterverwante sabotasie en konstruksie-mafias wat die provinsie beheer.