Suid-Afrika se kosvoorsieningsketting is onder groot druk, grootliks weens beurtkrag. Talle kosvervaardigers en boere het gesê dit het reeds daartoe gelei dat produksie verminder is. Netwerk 24 berig die kleiner voorraad druk pryse verder op, op ‘n tydstip dat kosinflasie hemelhoog is. PwC het in hul oorsig vir Junie geskryf hulle is bekommerd dat Suid-Afrika se posisie op die wêreldranglys vir voedselsekerheid vanjaar gaan daal. In die 2022-verslag wat in September verlede jaar uitgereik is, was Suid-Afrika 59ste uit 113 lande. Wat bekostigbaarheid betref, is die land op nommer 70. Die negatiewe uitwerkings kan in die landbou gevoel word waar hoenderboere sukkel met toegang tot genoeg krag en hulle sukkel om optimale produksie te behaal. Kleinhandelaars moet weer miljoene rande aan kragopwekkers bestee. Dit verhoed dat byvoorbeeld nuwe winkels geopen kan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×