Beurtkrag beplan vir vanmiddag

 Beurtkrag beplan vir vanmiddag

Eskom gaan vir ‘n groot deel van vandag nie beurtkrag instel nie.

Dit kom nadat Eskom dit reg gekry het om ‘n hele aantal eenhede oornag weer aan die gang te kry.

Die besluit is dus om tussen 8:00 en 16:00 geen beurtkrag in te stel nie.

Fase 1 beurtkrag sal om 16:00 ingestel word, en sal duur tot 22:00.

Die groepe in Bloemfontein wat vanmiddag Fase 1 beurtkrag kan ervaar is Groep 1 tussen 16:00 tot 18:00, Groep 2 tussen 18:00 en 20:00 en Groep 3 tussen 20:00 en 22:00.

Eskom woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê dat Eskom later vandag meer duidelikheid sal hê oor die plan vir Woensdag.

LeandreAdmin@