Eskom het gister aangekondig dat beurtkrag opgeskort bly. Die land is al reeds soveel as 18 dae sonder beurtkrag gewees. Eskom sê in ʼn verklaring dat meer as tweeduisend megawatt opwekkingsvermoë vandag weer aan die netwerk verbind sal word.

Intussen waarsku die leier van die EFF, Julius Malema, dat beurtkrag na die verkiesing weer in volle swang sal terugkeer. Malema het Saterdag aan EFF ondersteuners gesê beurtkrag is mensgemaak. Hy het dit ook weer bevraagteken hoekom daar geen onderbrekings tydens die Wêreldbeker-rugbytoernooi verlede jaar was nie, net soos nou voor die verkiesing.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×