Beurtkrag is ingestel tot Sondagaand 10-uur

 Beurtkrag is ingestel tot Sondagaand 10-uur

Eskom het in ‘n verklaring vroeg Woensdagoggend aangekondig dat Fase Twee beurtkrag van tienuur Woensdagoggend tot tienuur Sondagaand ingestel word.

Die kragreus blammeer die onderbrekings op die voortslepende vertragings van opwekkingseenhede by die kragstasies Duvha, Tutuka, Kusile, Kendal en Koeberg.

Netwerk24 berig opwekkingseenhede in die Kusile en Majuba-steenkoolkragstasies is nie soos beplan Dinsdag weer in gebruik gestel nie.

Eskom het verder gesê die koue veroorsaak ook meer druk op die netwerk weens die feit dat mense meer elektrisiteit
gebruik om warm te bly.

Bloemfonteiners in Groep 6 kan moontlik beurtkrag ervaar tot 2-uur vanmiddag, gevolg deur Groep 1 tussen 2-uur en 4-uur vanmiddag.

Eskom het verder ‘n beroep gedoen op verbruikers om krag spaarsaam te gebruik.

LeandreAdmin@