Die sogenaamde “nuwe normaal” het met Covid se aankoms en gevolge sinoniem geraak, maar dit blyk nou ewe toepaslik op Suid-Afrika se krag-krisis te wees.

‘n Energie-ontleder, Lungile Mashele, het gesê, na mate die land se werksaamhede weer ná afloop van die feesseisoen na normaal terugkeer, sal beurtkragfases weer toeneem.

Meeste nywerhede hervat vandeesweek hul bedrywighede en dit sal ekstra druk op die kragnetwerk plaas.

Mashele het gesê die beurtkragvooruitsigte vir vanjaar lyk geensins beter nie.

Suid-Afrika sukkel sedert 2008 met beurtkrag en het verlede jaar sy ergste jaar in die land se beurtkraggeskiedenis beleef.

Beurtkrag se verwoestende uitwerking op die land se ekonomie beloop daagliks biljoene rand.

Dit is egter weens die enorme omvang daarvan, onmoontlik om die presiese ekonomiese verliese en gevolge van die impak van die uitkring-effek van beurtkrag te bepaal.

Suid-Afrikaners sal vanjaar maar weer, soos normaal, van beurtkrag-skedule tot beurtkrag-skedule moet leef en werk.

Intussen verwissel Eskom dalk gou van hande tussen ministers Pravin Gordhan en Gwede Mantashe. Volgens die ANC se jongste resolusies kan die departement
van minerale hulpbronne en energie binnekort Eskom se nuwe heenkome word.

Die kragvoorsiener is nou deel van Gordhan se departement van openbare ondernemings.

Wanneer die skuif gebeur sal Mantashe vir Eskom pa moet staan.

Die Financial Times berig sommige kenners dit sal in ramp wees.

Maroela Media berig president Cyril Ramaphosa het gewaarsku dit tyd kan neem om nuwe beleidsbesluite in werking te stel.

Eskom se uittredende hoof, André de Ruyter, se pos moet boonop ook nog gevul word.

Mantahse, ‘n uitgesproke De Ruyter-kritikus, het hom vroeër daarvan beskuldig dat hy die staat deur middel van beurtkrag omver probeer werp.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×