Beurtkrag is vanoggend om nege hervat

 Beurtkrag is vanoggend om nege hervat

Eskom het aangekondig dat fase 2 beurtkrag vanoggend om nege-uur hervat is om die impak van kragonderbrekings tydens die oggend-verkeerspiek te beperk.

Dit sal dan tot tienuur vanaand van krag wees.

Die kragvoorsiener sê ondanks sy beste pogings het hy nie voldoende vordering gemaak om die opskorting van beurtkrag moontlik te maak nie.

Eskom herhaal dat die stap die laaste uitweg is om die nasionale netwerk te beskerm.

LeandreAdmin@