Fase 3-beurtkrag sal vanaf Saterdag, 22 Februarie 2025, om 17:30 tot verdere kennisgewing geïmplementeer word. Die “tydelike terugslag” volg na meer as 20 dae van ononderbroke elektrisiteitstoevoer.

Na aanluiding van ‘n aanlyn-kennisgewing sal Eskom Sondag, 23 Februarie 2025 ‘n vorderings verslag deurgee.

Rosestad-nuus het vroeër berig Eskom het einde Januarie ‘n kennisgewing uitgestuur dat beurkrag toe geïmplementeer is om hul stelsel te beskerm terwyl hulle noodreserwes aangevul het.

Eskom doen ‘n beroep op die publiek om elektrisiteit doeltreffend te gebruik deur geisers en swembadpompe van 17:00 tot 21:00 af te skakel.

Sodoende kan die vraag aansienlik verminder en druk op die kragstelsel verlig. Hierdie klein aksies kan ‘n groot verskil maak om beurtkrag te verminder en ‘n meer stabiele energietoekoms vir almal te verseker.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×