Volgens Eskom word hul huidige noodreserwes noukeurig dopgehou, en Fase 4 beurtkrag kan dalk oor die naweek geïmplementeer word.

Dit volg na meer as 10 maande se ononderbroke elektrisiteitstoevoer.

Eskom-groep se uitvoerende hoof, Dan Marokane, sê in ‘n mediaverklaring dit is ‘n moontlike tydelike terugslag. Eskom het die afgelope week verskeie vertragings ervaar wat verlengde hersteltye vereis.

Dit het die gebruik van noodreserwes genoodsaak – wat nou aangevul moet word.

Die Minister van Eletrisiteit sal na verwagting Vrydag ‘n inligtingsessie hou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×