Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê hy het in die afgelope boekjaar tot soveel as R150-miljard weens beurtkrag verloor.
Die inkomstediens se kommissaris, Edward Kieswetter, het gister voor die parlementêre staandekomitee oor finansies aangevoer beurtkrag lê die diens se produktiwiteit lam, wat reuse-druk op sy inkomste-invordering plaas.
Aldus Kieswetter sou die inkomstediens vir die boekjaar in ‘n surplusposisie wees, indien hy die geld wat deur beurtkrag gesluk is, kon verhaal.
Aangaande beurtkrag, het Eskom vanoggend laat weet fase 2-beurtkrag sal vanaf vieruur vanmiddag tot môreoggend om vyf ingestel word.
Daar sal geen beurtkrag tussen vyfuur môreoggend en môremiddag om vier wees nie.
Hierdie reëling bly tot verdere kennisgewing van toepassing.