Beurtkrag kry die skuld dat sommige inwoners van die Dihlabeng plaaslike munisipaliteit by Bethlehem in die Vrystaat, reeds meer as 14 dae sonder water oor die weg moet kom.

Daar is nou ‘n dringende versoek aan Eskom gerig om nié beurtkrag toe te pas op die lyn wat elektrisiteit aan die Saulspoort-watersuiweringsaanleg voorsien nie.

Dié aanleg moet water aan Bethlehem, Bohlokong, Paul Roux, Rosendal en Fouriesburg lewer.

Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig Parys in die Vrystaat was Maandag onder beleg van inwoners oor dié dorp se voortslepende watertoevoerprobleme.

Die protesoptrede, wat Sondagmiddag begin het, het van Maandag af tot ‘n grootskaalse gewelddadige betoging uitgebrei.

Sommige mense in die Parys-omgewing het glo vyf jaar gelede laas water in hulle krane gehad.


error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×