Die toepassing van beurtkrag het aansienlik sedert Junie verbeter. Eskom en die minister van elektrisiteit, Dr. Kgosientsho Ramokgopa het laer beurtkrag-fases toegeskryf aan goeie bestuur van die nuwe direksie onder leiding van die voorsitter, Mpho Makwana. Netwerk 24 berig Ramokgopa het gesê die ommekeer het gekom omdat vorige bestuurspanne instandhouding afgeskeep het of nie reg gedoen het nie. Onder leiding van André de Ruyter het Eskom tot 15% van sy kragstasies op ‘n slag afgeskakel om diep instandhoudingswerk te doen. Dié projek, wat hy “filosofie-instandhouding” genoem het met die aanvang van sy ampstermyn in Januarie 2020, het skynbaar nie vrugte afgewerp nie. Altans nie die drie jaar wat hy by Eskom was nie. Die benadering het behels dat instandhouding vir geen ander prioriteite afgeskeep moet word nie. Eskom het dus begin om ten minste 10% van sy opwekkingsvermoe op ‘n slag af te skakel sodat instandhouding gedoen kan word.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×