Sou daar vandeesweek geen beurtkrag gedurende die dag wees nie, sal dit géénsins aan die Brics-beraad toegeskryf kan word nie.

Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het dit onomwonde gestel dat dit blote toeval sou wees.

Volgens hom sal die énigste rede vir ‘n beurtkragblaaskans ‘n verbetering in voorsieningskapasiteit wees.

Hy het gesê die Sandton-konvensiesentrum, waar die beraad van môre tot Donderdag aangebied word, sal ook onder beurtkrag deurloop, indien die vraag na elektrisiteit Eskom se leweringvermoë oortref.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×