Eskom het Vrydagaand aangekondig dat Fase 2-beurtkrag steeds vanaf vieruur die middag tot vyfuur die oggend geïmplementeer sal word. Beurtkrag sal dan gedurende die dag oor die naweek opgeskort word. Dit is te danke aan die stabiele prestasie van die opwekkingsvloot met onderbrekings tans op 13-duisend-384 Megawatt en beplande instandhouding teen sesduisend-510 Megawatt se opwekkingskapasiteit. Hierdie patroon sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing.
