Beurtkrag slaan ook sy kragtige kloue in die registrasieproses van pasgebore Suid-Afrikanertjies.
Die Minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, het gesê beurtkrag het ook ‘n uiters negatiewe impak op die registrasie van pasgebore babas.
Pasgeborenes in Suid-Afrika moet binne ‘n vasgestelde 30 dae na geboorte geregistreer word.
Motsoaledi het gister voor die Parlement se Portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake verskyn, en het onder meer genoem baie Binnelandse Sake-kantore se deure is tydens beurtkrag gesluit.
Hy het bygevoeg daar is egter ook sosiale en kulturele faktore wat die registrasieproses van geboortes negatief beïnvloed.