Swaar en meedoënlose beurtkrag sleur deur die land en slinger sy katastrofiese gevolge letterlik in élke rigting.

Beurtkrag slaan sy vieslike kloue lank reeds in selfoonnetwerkverskaffers se vermoë in om hul dienste optimaal te kan lewer.

MyBroadBand Insights se jongste selfoonnetwerkgehalte-verslag is pas bekend.

Dié verslag wys MTN het die vinnigste gemiddelde op- en aflaaispoed, gevolg deur Vodacom, Telkom, Cell C en Rain.

Die verslag is gegrond op 1,36-miljoen MyBroadband-spoedtoetse van 1 Januarie tot 31 Desember verlede jaar.

Meeste van die netwerke het die afgelope jare ruimskoots aan infrastruktuur spandeer.

Die verslag dui ook daarop dat die selfoondienste-verskaffers alles in hul vermoë doen om sover moontlik ‘n goeie en ononderbroke diens te kan lewer.

Tegnologies-gevorderde batterye en eie kragopwekkers help om selfoongebruikers teen die uitwerking van beurtkrag te buffer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×