Beurtkrag is vanaf vyfuur vanoggend tot verdere kennisgewing opgeskort.
Eskom sê dié stap is moontlik, aangesien hy van vandag af ‘n laer aanvraag na elektrisiteit verwag. ‘n Toename in beskikbare opwekkingskapasiteit is ook ‘n bydraende faktor.
Die kragvoorsiener sê ‘n totaal van 3 850 megawatt se opwekkingskapasiteit word ook beplan om teen Maandagaand weer in diens geneem te word.