Na amper ‘n week van fase-ses beurtkrag, sal Eskom vanaf vyfuur Dinsdagoggend fase-een beurtkrag toepas. Netwerk 24 berig die nutsmaatskappy het gesê dat fase-vier beurtkrag soos beplan om vier-uur begin het. Fase-een beurtkrag sal more deur die dag tot vier-uur duur, waarna fase-drie beurtkrag tot Woensdagoggend vyfuur toegepas sal word. Die patroon tussen fases een en drie sal tot verdere kennisgewing voortduur. Eskom het gesê die opwekkingsvermoë wat weens foute onbeskikbaar is, het noemenswaardig gedaal en is nou sowat 2000 MW laer as op 15 747 MW. Die opwekkingsvermoë wat weens beplande instandhouding onbeskikbaar is, bly egter baie laag. Waar Eskom verlede week gespog het dat sy kragstasies so goed presteer dat hy meer as die dubbel getal opwekkingseenhede wat beplan is vir instandhouding kon afskakel, is die getal nou tot die absolute minimum beperk. Dit stel derduisende MW meer krag vir verbruik beskikbaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×