Die bevelvoerder van die Allied Democratic Forces, of ADF-rebellegroep, Abdul Rashid Kyoto, is Maandag strafregtelik aangekla vir onder meer die moord op Dave en Celia Barlow in Uganda verlede maand. Die paartjie is tydens hul wittebrood in die Koningin Elizabeth-nasionale park in die land met masjiengewere afgemaai. Celia was ‘n Suid-Afrikaner. Maroela Media berig Kyoto staan tereg op drie aanklagte van moord, twee van terrorisme, drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede en een klag dat hy aan ‘n terreurgroep behoort. Die ADF is ‘n Islamitiese groep met bande met die Islamitiese staat. Kyoto word ook ondersoek vir sy betrokkenheid by ‘n slagting by ‘n skool in die weste van Uganda gedurende Junie waartydens 42 mense gesterf het. Die meeste van die slagoffers was kinders.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×