Bevindings in AfriForum se jongste plaasmoordverslag kan as gewis as bloedstollend bestempel word.
Die verslag vir die eerste drie maande van 2023 wys dat nege mense in minstens 77 plaas-aanvalle in Suid-Afrika vermoor is.
Die verslag se bevindings is gister bekend gemaak.
Hiervolgens het die meeste van die aanvalle in Gauteng plaasgevind, en die tweede meeste in Noordwes.
Die derde meeste plaas-aanvalle gedurende die verslagtydperk is in KwaZulu-Natal aangemeld.