Bewaringsgroepe het ‘n petisie van stapel gestuur oor die jagluiperds se welstand wat uit Suid-Afrika na Indië uitgevoer is en om verdere uitvoere te probeer stop. Reuters berig Indië het intussen onderneem om stappe te neem om die welstand van jagluiperds wat uit Suider-Afrika ingevoer word, te verseker. Ses volwasse jagluiperds uit die 20 wat in September verlede jaar en Februarie vanjaar uit Suid-Afrika en Namibië ingevoer is, is sedert Maart dood. Drie welpies wat in die land gebore is, is ook dood. Die sterftes het vrae laat ontstaan oor die bestuur van die ambisieuse projek wat deur die eerste minister, Narendra Modi, gelei word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×