’n Sakeman het in die Makwane-landdroshof in die Vrystaat op ‘n klag van bedrog verskyn.

Die Valke het Tshediso “Ernest” Mthembu in Bethlehem in hegtenis geneem.

Mthembu, die direkteur van Molake Management, het na bewering in 2020 aansoek gedoen vir die Covid-19 Tydelike Verligtingskema vir nie-bestaande werknemers.

‘n Valke-woordvoerder, adjudant-offisier Fikiswa Matoti, sê die Werkloosheidsversekeringsfonds het die aansoek goedgekeur, wat glo tot betalings van meer as R250 000 aan Molake Management gelei het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×