Beweerde rassistiese uitlatings deur ‘n spreker gedurende Julie maand by die Universiteit van die Vrystaat, of UV, het ‘n handjievol studente warm onder die kraag.

AfriForum Jeug het gister verneem dieselfde spreker gee vandag wéér ‘n lesing op die Bloemfontein-kampus, en het dadelik ‘n brief aan die UV gerig wat versoek dat die lesing nie moet voortgaan nie.

In die brief vra AfriForum ook dat die beweerde Julie-voorval dringend ondersoek moet word.

René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug, het ‘n paar minute gelede aan Rosestad-nuus gesê hulle het nog nie gehoor of die lesing, wat vir vieruur beplan is, sal voortgaan nie.

Intussen het die kwessie soos ‘n veldbrand op sosialemedia versprei, en het selfs die oog van die Menseregtekommissie gevang.

Die Kommissie het AfriForum vroeër vandag gevra om ‘n formele klagte in te dien.

Van der Vyver het gesê dit is reeds deur hulle prokureurs aan die Menseregtekommissie gestuur soos versoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×