Die verdwyning van Joslin Smith was nie toevallig nie.

IOL berig dat dit vermoedelik deur haar ma, Raquel Kelly Smith, in Augustus 2023 beplan was.

Smith, haar kêrel, Jacquen Appolis, Stevano van Rhyn, en Lourentia Lombaard het Maandag in die Vredenburg-landdroshof verskyn. Hulle word aangekla van ontvoering en mensehandel vir uitbuiting.

Die staat beweer dat Joshlin vir R20,000 verkoop is. Lombaard het ‘n staatsgetuie geword en het teen haar voormalige mede-beskuldigdes getuig.

Volgens die klagstaat het Kelly reeds in Augustus 2023 beplan om haar kinders te verkoop of weg te neem.

Op die dag van Joslin se verdwyning, 19 Februarie vanjaar, het Raquel haar en haar broer tuisgehou van skool.

Verdere arrestasies word nie uitgesluit nie.

LEES OOK:

error: Inhoud is beskerm !!